Kort briefie van ‘n kliënt….

 

Goeie dag Jaco, Daleen & Danie,

 

Ek en Francois wil net ongelooflik dankie sê vir ons asemrowende trou foto’s.

Ons ervaring en “journey” saam met julle van ons Verlowingsfoto’s af was regtig lekker gewees. Ons het uitstekende diens van julle af ontvang.

Jaco, jy het nou maar net ‘n “gift”! Jy sien dinge raak wat baie ander mense nie raak sien nie. Dit wat uitkom in jul foto’s bewys uit en uit hoekom julle in hierdie bedryf is. Ek sien skoonheid, liefde, passie vir wat julle doen en geluk in julle foto’s raak.

Ons het vreeslik “fun” gehad saam met julle op ons spesiale daggie. Nie een oomblik was dit moeilik om alles in Jaco en Danie se hande te los nie. Ons was die heeltyd gemaklik en dit het bygedra tot ‘n wonderlike dag en aand.

Ons gaste kon ook nie uitgepraat raak oor hoe hulle jul beleef en geniet het nie. En nou is almal se asems weg geslaan oor hoe mooi ons foto’s uitgekom het.

Baie baie dankie vir dit! Dit is te danke aan julle dat ons altyd ons troudag sal onthou en eendag aan ons kinders sal kan wys hoe mooi ons dag was.

Ons sal julle aanbeveel aan enige iemand en sal graag in die toekoms weer met julle wil werk . . . dalk wanneer daar ‘n klein pienkvoet oppad is 🙂

 

Baie Groete,

Francois & Dolandi Ellis

 

 

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*

Please do the math for us before you hit the “Post Comment” button. * Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

F a c e b o o k   F a n   P a g e