“Gedagte vir die dag”

Soos van julle weet is ek ‘n “metal head” en hou baie van wat my vrou noem “lawaai musiek”.

Ek luister op die stadium na Straatligkinders en moet se dat ek baie hou van wat hulle doen. Afrikaanse musiek het ‘n ver pad gekom. Ek is bly om te sien dat jong Christene opstaan vir dit wat hulle glo !!

Dit is ‘n aanhaling wat op hulle web site is.

“Ons is nie ‘n “christian band” nie want christianity is NIE ‘n musiekstyl of ‘n genre nie, dis ‘n leefstyl. Ons is lief vir Jesus maar dit maak ons NIE beter as ander mense nie. Ons is nie perfek nie maar ons is vergewe. Ons probeer anders wees alhoewel ons soms dieselfde foute maak. Dis meer as musiek….. ”

Hierdie woorde en die lirieke van hulle liedjie “Gedagte vir die dag” het my laat dink!! Ek worstel elke dag met dieselfde goed as ander mense. Ek weet ek lees my Bybel nie genoeg nie en dat ek my God afskeep. Ek spandeer nie genoeg tyd aan hom en my familie nie. Dit moet en sal verander want net deur Hom kry ek die krag en talente om dit te doen wat ek doen. Ere aan Hom wat my masker afhaal en my laat dink. Ek moet dink voor ek praat want ek weet ek het ‘n groot mond wat my al baie in die moeilikheid gekry het.

Aan Straatligkinders, baie dankie dat julle my laat dink oor die pad wat ek stap. Sterkte vir julle vorentoe en dankie dat julle ons God groot maak soos dit hoort.

Hier is die woorde van die song.

“Gedagte vir die dag”

Het jy al ooit gewonder
wat gaan aan daar onder
al die maskers wat die wreld daagliks dra

dit fasineer my altyd
wanneer ek vinger wys
na mense as ek self ‘n masker dra

dink aan wat jy doen en
dink aan wat jy s
dink aan wie jy is en
dink aan…..

‘n halwe waarheid is net so goed soos ‘n leuen
moenie alles glo wat jy hoor nie
Jesus jy wil ons vashou
al draai ons soms ons rug op jou
Jy bly hier en veg vir ons

dink aan wat jy doen en
dink aan wat jy s
dink aan wie jy is en
dink aan…..”

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*

Please do the math for us before you hit the “Post Comment” button. * Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

F a c e b o o k   F a n   P a g e